Die reis na die weste

Die reis na die weste

Oorspronklike titel西遊記
SkrywerWu Cheng'en
LandMing-dinastie
TaalChinees
GenreRoman
Uitgewer
Uitgegee16de eeu
MediumDruk

Die reis na die weste is een van die vier klassieke romans van Chinese letterkunde. Die roman is oorspronklik gepubliseer in die 90's van die 16de eeu, tydens die Ming-dinastie. Alhoewel daar geen direkte bewyse daarvoor is nie, word die roman dikwels aan Wu Cheng'en gekrediteer.

In die Westerse wêreld staan die verhaal ook bloot bekend as Monkey. Hierdie titel is gebruik vir 'n gewilde vertaling van die verhaal deur Arthur Waley. Waley se weergawe is ook vrygestel onder titels soos Adventures of the Monkey God, Monkey: [A] Folk Novel of China, en The Adventures of Monkey.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search